Welcome     Basic Info     The Process     FAQ     Testimonials     References     Contact     Links        

• Print This Page
• Bookmark Us
• Contact IPSA


• SAT Exams
• ACT Exams
• GRE Exams
• More Useful Links


Testimonials
Read some testimonials from Karien's clients! Do you have a story to share?
Please e-mail ipsa@ipsausa.com to share!



Dear Karien,

This is a short note to say how much I appreciate everything you have done for Julie. You are just the most blessed and wonderful person and have done more than I could ever have imagined. We are so fortunate to have met someone so caring, kind and considerate. I really feel that I do not have to be concerned by my daughter being so far from home as she is in such good hands with you. I have no doubt that with your close support she will feel at home and her confidence will develop and grow from strength to strength allowing her to achieve her potential. She loves San Diego and the USA and says she feels very safe there. She also has the highest praise for you!

Thank you once again,
Regards,
Fraser



Ek het van jongs af baie in sport belang gestel en verskeie sport aktiwiteite op skool gedoen. Ek het tennis en hokkie van kleins af gespeel en die Oos-Vrystaat en Vrystaat elke jaar in die 2 terreine verteenwoordig. Ek het in die hoerskool begin golf speel en al hoe meer daarin begin belangstel. Ek het op 15jarige ouderdom begin om in golf toernooie deel te neem en ook later in die jaar die Vrystaat Vroue golf span verteenwoordig. Ek het gehoor van verskeie ander golf spelers wat die geleentheid gekry het om in Amerika te kom studeer op scholarships waar die Universiteit jou studie gelde betaal terwyl jy die Universiteit golfspan verteenwoordig. Ek het dadelik geweet dat ek dit ook graag wou doen en begin uitvind hoe om so beurs te bekom.

Ek het van Tannie Karien Bennett en IPSA gehoor en met haar kontak gemaak. Sy het my van al die geleethede vertel en voorgestel wat ek als moes doen om 'n beurs te bekom. Sy het vir my duidelik gemaak dat akademie baie belangrik is en dat 'n mens se kanse en geleenthede baie beter is as jy 'n goeie student is en goeie punte het. Gelukkig het ek baie hard gewerk in my akademie en toe ek dit hoor ook net nog harder begin werk. Ek het goed gedoen in die SAT (vrylating eksamen vir amerikaanse universiteite). Tannie Karien het my gehelp navorsing doen en ons het emails uitgestuur na al die verskillende golf afrigters en sy het ook vir hulle my resume en al my punte en prestasies gestuur. Die feit dat ek goeie punte op skool gehad het, het my kanse ook baie verbeter en ek het paar geleenthede by verskillende plekke gehad.

Ek het op die einde besluit om in North Carolina by die University of North Carolina Wilmington te kom studeer. Tannie Karien het toe die reelings vir my aansoek,verblyf,beurse en visa dokumente in Amerika gehanteer. Die universiteit het omtrent al my studie gelde betaal, en ek moes net sorg vir my vliegkaartjies en 'n paar ander persoonlike uitgawes. Die ander baie goeie ding van die golf beurs was dat hulle verskaf meeste van jou golf toerusting. Ons kry omtrent elke maand 'n nuwe boks golf balle (Titleist - wat baie duur is), en handskoene. Ons het ook elke jaar nuwe klere en golf en hardloop skoene gekry. Ek het ook die geleentheid met die golf scholarship gehad om by baie verskillende state en universiteite te gaan deelneem en op die manier ook baie plekke gesien en vreeslik baie mense van alle verskillende lande ontmoet by die toernooie. In Amerika mag jy vir 4 jaar in 'n sport vir jou Universiteit verteenwoordig op 'n beurs en meeste "undergrad" grade vat omtrent 4 jaar om te voltooi.

Ek het besluit om Rekeningkunde hier te studeer terwyl ek golf speel. Ek moes ook baie hard werk in my akademie hier want as jy goed presteer is daar ook baie ander geleenthede vir jou om akademiese beurse en ander toekennings en goeie werk te kry. Ek het laas jaar 'n toekenning gekry vir die "Scholar Athlete" van die jaar in my conference. Ek het die toekenning gekry op grond my goeie punte in my studies te same met die feit dat ek golf speel vir my universiteit. Ek "graduate" in Mei met my ondergraadse in Rekeningkunde en het besluit om verder aan te studeer en my Meesters in Rekeningkunde graag volgende jaar te doen. Tannie Karien het my gehelp met die aansoek vir die Meestersgraad se toelating asook die beurs en 'n "Teaching Assistantship" by my Universiteit - terwyl ek my Meesters gaan doen. Ek sal dan 2 keer 'n week klas gee vir die eerste jaars en sal betaling hiervoor kry en ek hoef dan ook minder te betaal vir my studies wat 'n reuse hulp gaan wees omdat dit baie duur sou wees sonder beurse omdat my golf beurs na 4 jaar klaar is. Ek het ook 'n Internship vir die somer gekry by Deloitte en Touche, 'n internasionale rekeningkunde firma. Dit is 'n 3 maande betaalde intership wat my ook baie gaan help om vir Graduate skool te betaal. Die kans is ook baie goed dat die firma my 'n permanente pos sal aanbied dat ek daar kan gaan werk as ek klaar is met my Meesters en ek hoef dan nie eers bekommerd te wees of ek gan werk kry as ek klaar is nie.

Daar is verskriklik baie geleenthede hier in Amerika as jy net bereid is om hard te werk en jou deel te doen. As jy hard werk sal iemand jou raak sien en vir jou 'n baie goeie geleentheid aanbied. As ek weer oor kon kies sou ek defnitief weer dieselfde gedoen het, ek het baie gegroei as 'n mens en baie selfstanding geword. Ek het ook baie verskillende plekke gesien en mense ontmoet wat ek nooit eers van gedroom het nie. Hier is ook baie ander Suid-Afrikaners wat mens elke nou en dan raak loop en dan is dit baie lekker om 'n bekende te hoor en Afrikaans te hoor. Ek het ook elke vakansie huis toe gegaan Suid-Afrika toe (elke somer vir 3 maande en kersfees vir 'n maand) so ek was nooit regtig langer as 4-5 maande weg van die huis af nie. Die internet en skype het ook baie gehelp om in kontak te bly met almal by die huis, wat baie gehelp het want ek was maar baie eensaam in die begin en dit was moeilik gewees die eerste 6 maande of so. Gelukkig het ek en Tannie Karien altyd deur die 4 jaar in kontak gebly en my ouers het geweet dat ek iemand in die VSA het wat kan help indien nodig. Maar na 'n ruk raak als meer normaal en baie lekker. Die mense is vreeslik vriendelik hier, veral in North Carolina en ek het al baie mense ontmoet en vriende gemaak. Daar is baie gesinne wat my gereeld oornooi vir etes en ander lekker dinge! Jy het ook altyd die kans om weer terug te gaan na SA toe as jy klaar gestudeer het en jou graad het en besluit jy wil liewer weer terug gaan. SA sal altyd daar wees en jou huis bly maar hierdie goeie geleentheid om 'n ander land en kultuur te besoek kom nie altyd so maklik nie en jy kan dit nie laat wegslip nie!

My raad sal wees dat jy moet aanhou om hard te werk, want al dink jy daar is dalk nie baie geleenthede vir ons jonges nie kan ek jou verseker dat daar defnitief nog baie geleenthede reg oor die wereld is as jy net bereid is om hard te werk en jou drome na te jaag!!!!

Kontak my gerus in die VSA lv6523@uncw.edu of skakel my MA Joe Viljoen by SA 058-622-3293



Alreeds van jongs af was dit vir my 'n droom om na Amerika te gaan. Die land met al sy geleenthede en moontlikhede het my gefassineer; tog was dit vir my baie ver. Tot my groot geluk het die droom begin realiseer toe ek Karien Bennett en IPSA leer ken het.

Vanaf Standerd 8 het Karien met my begin werk om my resume en kwalifikasies op te bou. Ons het 'n portfolio saamgestel, universiteite in Amerika begin identifiseer, en my opsies oorweeg. Ook het sy my gehelp om vir al die toelatingseksamens voorteberei - ek onthou nog baie goed haar woorde: "Wim, elke goeie uitslag is nog 'n paar dollars!" Dit sou duur wees en my familie kon dit beslis nie alles bekostig nie. Maar dit was juis die fantastiese ding - as jy hard werk en jou bewys, is daar soveel moontlikhede. Met suksesvolle matriekuitslae (ses onderskeidings en 12de plek in die Wes-Kaap) en goeie punte in die toelatingseksamens (die SAT), kon Karien vir my beurse by verskeie universiteite opspoor. By vier universiteite kon ek amper verniet studeer!

Na 'n moeilike keuse het ek uitendelik my musiekstudies by die Universiteit van Texas in Arlingon begin. Die universiteit was nie Harvard of Julliard nie, maar ek was baie beindruk deur die professors en die fakulteit se standard. Die Dallas area was ook ideaal vir 'n musiekstudent - in 'n area van ongeveer ses miljoen mense was daar verskeie groot konsertsale, twee groot simfonieorkeste, operas, en gereelde uitvoerings. Ek het selfs dikwels opgetree in solouitvoerings, kamermusiek, en as solis met die orkes. Die eerste jaar was maar swaar, want ek was arm en die wisselkoers was sleg. Gelukkig was die mense so gasvry en ek het gedurig uitnodigings vir etes, Thanksgiving, Kersfees ens. gehad. Dit is ook by die universiteit se orkes waar ek my Amerikaanse vrou, Jamie, 'n mikrobioloog wat ook altviool speel, ontmoet het. As mens eers hier is as student, is daar baie geleenthede om nog pryse en beurse te wen - ek het heelwat ekstra geld ontvang deur beurse vir uitstekende akademiese uitslae, kompetisies ens. Dit kos alles harde werk en deursettingsvermoe, maar dit is geheel en al die moeite werd.

Met die afsluiting van my voorgraadse studies het ek besluit om tog my ander passie te volg en regte te studeer. In Amerika, is regswetenskappe 'n nagraadse kursus en so het dit perfek uitgewerk. Weereens was Karien en IPSA daar met goeie raad oor universiteite. Pas getroud het ek die nuwe ondervinding by Texas Wesleyan School of Law begin. Met die koste van die studies sowat $30,000 per jaar, het ek nogal gewonder of ons die mas sal opkom, maar ek was so gemotiveerd en dit moes eenvoudig net. Ek was van die begin af ontsettend beindruk en al was die program uitdagend, was die professors toeganklik en altyd beskikbaar. Na 'n jaar van vasbyt en baie harde werk het ek eerste in my jaar geeindig en is ek beloon met 'n volle beurs vir die res van my nagraadse studies! Dit was vir my weereens 'n voorbeeld van die moontlikhede wat die land bied aan die wat wil.

Behalwe vir die uitstekende akademiese opleiding wat ek ontvang, het ek ook besondere geleenthede gehad om praktiese ondervinding op te doen. Verlede somervakansie het ek by die Publieke Verdediger in San Diego, Kalifornie gewerk. Ek moes onderhoude met gevangenes doen, dokumente saamstel, in die hof verskyn ens. Hierdie komende somervakansie het ek 'n werksaanbod by 'n groot siviele firma in Sacramento, die hoofsetel van Kalifornie, bekom. Ek sien uit na die nuwe uitdagings en ondervindings wat daarmee saam sal kom.

Ek is nog steeds baie trots op my Suid-Afrikaanse oorkoms. Ek is egter ook baie trots op my nuwe land en baie dankbaar vir die gasvryheid en geleenthede wat Amerika my gebied het - moontlikhede wat ek nooit in Suid-Afrika sou gehad het nie. Danksy Karien en IPSA het ek die voorreg gehad om dit te kon ervaar. Ek sou enigiemand met ambisie en deursettingsvermoe aanraai om na die moontlikheid van oorsese studie te kyk - Amerika, Australie, Kanada ens. Of jy nou beplan om terug te kom Suid-Afrika toe of om permanent aan te bly, dit bly steeds 'n ondervinding wat jou lewe sal verryk en deure vir jou sal oopmaak.



Do you have a story to share? Please e-mail ipsa@ipsausa.com to share!









Fraser








Liana


Copyright © 2006-2008 International Placement Services of America.    
Web site design by My Every Dream. All Rights Reserved.